Laat Loop in Afrikaans

Hierdie is 'n geslote groep vir liberale denkers, en gebaseer op die grondwet van SA. Dis daargestel vir enige ras, geloof, geslag, voorkeure en vryheid van spraak.

1. ONDERWERPE is onderworpe aan debatskwaliteit. Met ander woorde, as dit nie iets is waaroor mense gaan praat nie, moet dit nie hier kom plaas nie. Dit sluit in: kak prentjies en foto's. Ons is nie 'n vakansie-album nie. Dit beteken NIE dat jy GEEN prentjies of foto's mag plaas nie.
2. GEEN advertensies, tensy dit betrekking het op lede se welstand. In SA kan niemand RayBans koop nie, dus, daai ad met die girl op die beach en die son wat haar brand - uit soos 'n kers.
3. GEEN liefdesbriefies aan enige van admin nie. As jy nie hou van Pietie nie, of jy dink hy praat kak, sorteer hom self uit tot vermaak van ons almal. Ons wil darem lag ook.
4. TAALGEBRUIK staan ek baie, nee, vreeslik sterk oor. As jy peper nodig het om jou dis aantrekliker te maak, gooi hom. Ek doen, en wat ek doen, is altyd met liefde. En, ek's baie lief vir peper. As die dis te sterk is vir jou, gaan poedingtafel toe.
5. As jy nie jou mond kan oopmaak en ordentlik PRAAT - lees skryf - nie, hierdie is nie die kleuterskool op 'n kinderkransuitstappie nie. Gebruik soveel as een kommentaar of plasing in SMS (Short Message Style), en jou verblyf op hierdie groep sal baie korter as jou plasing wees. Dit sluit LOL ens. uit, MITS dit nie beledigend bedoel word nie.
6. Hierdie groep is nie 'n Kerk nie. As jy oor geloof wil praat, fine; maar as jy my of enige ander lid wil "werf", gaan doen sendingwerk waar daar baie vlieë is. Daar sal baie mense wees wat nog nie van God gehoor het nie.
7. Ongelowiges, dieselfde geld vir julle - ek ingesluit. Weerhou jouself daarvan om 'n gelowige met die verkeerdheid van die Bybel te slaan. Ek wil nie 'n rits versies lees wat ek sedert kindsbeen ken nie.
8. Hierdie groep is nie 'n ballet wat toeskouers nodig het nie. Gaan teater toe as jy "net wil sit en kyk". Ons almal weet die SABC is kak, maar hier word jou TV-lisensie dopgehou. Roofkyk is uit.
9. Skindernuus is altyd welkom, veral as dit SH en Sx se nuutste manewales insluit. Hulle is rassiste en EK Sê SO. As jy van my verskil, beteken dit dat jy nie liberaal genoeg vir hierdie groep is nie, want ons ondersteun GEEN vorm van rassisme nie.
10. Moer, dit klink soos aan die begin van die jaar op skool. ALMAL is admin. Maak die groep JOUNE tot jy gelukkig is of fokkof. Ek is maar net die skepper.
11. Geen pornografie! Bly bo die broek!
12. Geen hijacking van onderwerpe!

As bogenoemde reëls jou pas, is jy welkom, maar as nuwe lid moet jy binne 24hr van aanvaarding tot die groep aanmeld deur 'n onderwerp te begin, of op 'n lopende onderwerp kommentaar te lewer.

Admin:
Anton J Jansen
Hester Wyers
Jp Hugo
Madeleine LeRoux