Hoërskool Wennie du Plessis (Gobabis, Namibia)

Hierdie is die amptelike BakkiesBoek groep vir Hoërskool Wennie du Plessis. Almal wat in hier skoolgegaan het, is welkom om by die groep aan te sluit.

Die doel van die groep is om weer kontak te bewerkstellig met ou skoolvriende en onderwysers.

Die groep is oop vir oud skoliere en oud onderwysers van Hoërskool Gobabis en Hoërskool Wennie du Plessis.
____________________________________________________
Wanneer iemand by hierdie groep wil aansluit, besoek net die groep se BakkiesBoek blad (dis nou hierdie blad). Indien jy nie 'n lid is nie, sal jy regs bo aan die blad, net onder jou naam, die 'Ask to join Group' knoppie (button) sien, klik op die knoppie en ek sal 'n boodskap ontvang dat jy by die groep wil aansluit.
Sodra ek versoek kry, wat moontlik 'n rukkie kan duur, want ek kan nie die hele tyd BakkiesBoek monitor nie :-), sal ek jou versoek
goedkeur en jy sal 'n e-pos ontvang dat jy nou 'n lid van die
Hoërskool Wennie du Plessis Groep is. Daarna sal jy fotos kan publiseer, en aan al die gesprekke kan deelneem.

Moet asseblief nie die groep vir besigheidsdoeleindes gebruik nie. Niemand hou daarvan om hier ook nog met gemorspos te deel nie.

Laastens slegs mense met erkenbare name en vanne gaan toegelaat word. Versoeke van besighede en skuilname sal afgekeur word.

Sien jou hier by die groep!

Groetnis
Ben van den Berg
Administrateur.