CRUSADERS MC SOUTHAFRICA

Die jaar was vol baie dinge, tye wat ons nooit weer wil terug he nie en mense wat ons nooit sal vergeet nie. Daar was baie vreugde in klein goedjies en baie trane wat 'n lewens verander het. Ons het mense verloor en so het ons nuwe verhoudinge op gebou, langs oop grafte gekniel en gelag oor 'n nuwe lewe. Vriende wat die pad die moeite werd gemaak het. En ander ja ander. Dae wat gelag en dae wat ons om gebid het. Dit was 'n jaar van leer hoe om te leef. Nou is dit my gebed dat my familie, vriende, kollegas en gewaardeerde kliente, 'n geseende Kersfees sal he en die Nuwe Jaar met 'n oop hart sal ingaan. Mag " Jesus almal van julle oppas sodat julle Sy vreugde en liefde sal ervaar. Mag alles wat mooi is saam met julle 2015 instap, sodat dit ons beste jaar ooit sal wees vol Jesus seeninge.