Namibia - Vrae is Vry

Op hierdie groep is gewone mense wat advies gee uit hul eie ondervinding, en hier is ook profesionele persone en gekwalifiseerde regspersone, jy kan self besluit of jy enige advies aan jou gegee wil aanvaar en uitvoer OP JOU EIE RISIKO en geen lid van hierdie groep kan jy aanspreeklik hou indien die advies wat jy aanvaar het enigsins nie kon uitwerk vir jou nie. GEEN ADVIES HIER MOET GESIEN WORD AS REGSADVIES NIE.

SMS / text TAAL SAL DADELIK VERWYDER WORD.
Vra ordentlike en beskaafde vrae oor iets wat jy wil weet of gee ingeligde antwoorde op ander lede se vrae. Gaan gesels in jou eie sitkamer as jy wil geselsies of debate wil aanknoop. Hou advertensies weg van die blad. Gaan verkoop en smous elders. Geen name van persone of besighede mag genoem word nie. Geen huweliks-probleme, welsyns-probleme of persoonlike aantuigings/aanvalle teen ander sal geduld word nie.

Niemand op die blad gee regs-advies nie - kontak jou prokureur of adviseer vir die regte antwoord. Admin sal nie verantwoordelik wees vir enige advies of antwoord wat deur lede gegee word nie.

NO NONSENSE RULE geld vir die blad.